Sterboom Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sterboom Guest House is 'n selfsorghuis naby Sutherland. Dit is een van die koudste dorpe in die land waar dit gereeld gedurende die winter sneeu. Sterboom Guest House is vernoem na die unieke bedreigde veldplant Star Cliffortia/Cliffortia Arborea. Dié vetplant skuil hoog op in die berge rondom Sutherland.

Die huis beskik oor 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis wat met gas werk, 'n eetkamer en binnebraai-vuurmaakplek met hout wat op versoek voorsien kan word. Die 2 ruim kamers het slaapplek vir 8 gaste. Dié slaapkamers deel 'n badkamer. Ons bied die geleentheid om 'n werkende Karoo-plaas, voetslaanroetes, wild en pragtige sonsondergange te ervaar, alles met hartlike Karoo-gasvryheid

Die huis gebruik sonkrag en daar is gas beskikbaar. Let asseblief daarop dat daar geen elektrisiteit, kragpunte of 'n TV is nie.

Sutherland is naby 'n paar unieke korbeelhuisies geleë. Korbeelhuisies word in dié omgewing, in en om Fraserburg, Williston en Carnarvon gevind. Dit lyk amper soos byekorwe en is uit die omgewing se plat klippe gebou toe hout nie in die area beskikbaar was nie.

By Sutherland kan jy jou verwonder aan die sterre wat die hemelruim laat glinster en dis waar astronome teleskope van die South African Astronomical Observatory kom gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by Sterboom Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelstapelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sterboom Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]