2 gaste
1 slaapkamer
2 beddens
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 14 Poplar Street, Doornpoort, Pretoria, 0186, Gauteng Sien kaart
Beskrywing
Sticks & Stones Gastehuis & Studio bied oornagverblyf op die eienaars se eiendom en is geleë in Doornpoort, Pretoria. Die boomryke stad spog met 'n aantal natuurlike en kulturele besienswaardighede, sowel as belangrike ou geboue en museums wat die moeite werd is om te verken.
Verblyf word gebied in 2 eenhede: 'n Grasdak-houthuisie wat slaapplek bied vir 2 gaste en apart van die hoofhuis geleë is. Daar is ook 'n ateljee-eenheid wat slaapplek vir 1 gas (3/4 bed) bied en apart is van die hoofhuis en die kothuis. Dus 3 mense kan beide eenhede bespreek, een slaap apart in die ateljee en 2 in die kothuis. Twee persone wat aparte kamers wil neem, kan die eenhede ook apart bespreek en twee mense wat wil deel, kan die kothuis as n eenheid bespreek. Die kothuis kan ook as 'n eenheid vir 'n enkelpersoon bespreek word.
Die kothuis bestaan uit 'n gekombineerde leef-, kombuisie- en slaaparea. Dit is gemeubileer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, terwyl die badkamer met 'n stort toegerus is. Handdoeke, basiese toiletware en elektries verhitte lakens word voorsien. 'n Uitstekende dakwaaier is geinstalleer.
Die kothuis het 'n kombuisie wat toegerus is met verhit-en-eet-geriewe. n Eettafel- en stoele en gemakstoele asook n klerekas en spieeltafel. Bykomende geriewe sluit in 'n platskerm-TV met DStv, 'n privaat ingang, 'n alarmstelsel en 'n buite-sitarea. Gaste het toegang tot WiFi, braaigeriewe sowel as veilige parkering op die perseel.
Die ateljee is kompak gemeubileer met 'n 3/4 bed, 'n kombuisie wat verhit-en-eetgeriewe, 'n lessenaar, 'n klein yskas, 'n mikrogolfoond en 'n ketel insluit. Daar is 'n en suite-stort, toilet en wasbak. Daar is 'n stoepie wat op die tuin uitkyk.
Sticks & Stones is geleë op 'n stil eiendom 'n kort entjie van die Doornpark-sentrum se geriewe af. Dit is ook naby vulstasies, mediese praktyke, haarkappers, wegneemetes en ander restaurante, sowel as OTM'e. Die Montana-hospitaal, Wonderboom-lughawe, N1 en die N4 se Zambezi-afrit is naby. Sticks & Stones bied 'n rustige atmosfeer in die skaduwee van groot bome waar verskeie voëls woon. Nagapies word ook gereeld in die tuin gesien.
Hierdie eiendom gebruik sonkrag sodat gaste minimaal deur kragonderbrekings geraak word.
Alles is hier, bring net jou klere en kos. ontbyt en aandetes is teen ekstra koste op aanvraag en vooraf bespreking beskikbaar en word by die perseel betaal.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 14 Poplar Street, Doornpoort, Pretoria, 0186, Gauteng
- Gaste dink Sticks & Stones Guest Cottage & Studio het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
14 Poplar Street, Doornpoort, Pretoria, 0186, Gauteng
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang