Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stone Horizon

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Montagustraat 40, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Stone Horizon bied verblyf in ’n ou kliphuis wat 120 jaar oud is en spog met ’n uitsig oor die see, die hawe en op die berg. Die eenheid is in Mosselbaai en net 900 van die strand, Kaap Sint Blaze-vuurtoring en Die Punt af.

Stone Horizon beskik oor 2 dupleks-eenhede wat elk slaapplek het vir tot 8 gaste. Die eenhede het elk ’n privaat ingang, maar ook ’n skakeldeur wat dit moontlik maak om albei te bespreek vir 16 gaste. Daar is ook WiFi en ’n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser word tussen die eenhede gedeel.

Die grondverdieping van elke eenheid beskik oor 2 slaapkamers wat elk slaapplek bied aan 2 gaste. Daar is ook ’n badkamers, ’n toegeruste kombuis en ’n sitarea. Die leefarea lei na ’n groot dek en daar is braaigeriewe aan die agterkant van die huis.

Die eerste verdieping van elke eenheid beskik oor 1 groot slaapkamer met slaapplek vir 4 gaste. Daar is ook ’n aparte sitarea en ’n kombuisie. Die leefarea lei na ’n lieflike dek wat ook ’n hek na die ander eenheid se dek het sodat groot groepe saam kan kuier.

Mosselbaai het verskeie doendinge soos, visvang, branderplankry, sonsondergang-bootvaarte, 4x4-roetes, bergfiets-, voetslaan- en staproetes, asook Zipline, valskermspring en sandbranderplankry. Gste kan ook die Garden Route Casino, die Kaap Sint Blaise-vuurtoring, die Bartholomeu Dias Martime Museum besoek of by die Langeberg Mall inkopies doen.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Opsomming van Resensie

2.6 uit 5van 1 resensie vir Stone Horizon
Netheid
2.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
1.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.2/5

Petro Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Jaar gelys 4

Ligging

  • Montagustraat 40, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stone Horizon het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Montagustraat 40, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f2481fe1803c03e08783cfeb2f4b00345878164766d34d4a7268c3f4438ccb81ed22f6397a5de6b7b10fc6f63c787a89c8a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8) 1 5 1 3 40 Montagu Street Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.184217323975 22.149936671385
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem