Stone Hounds Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stone Hounds Lodge is sentraal geleë en gerieflik naby Pretoria, Johannesburg, Krugersdorp en Hartbeespoort. Behalwe vir oornagverblyf is die lodge ideaal vir 'n wegbreek saam met 'n groep vriende of die gesin. Die lodge as geheel is beskikbaar om as venue te huur vir verjaardagpartytjies, familiereünies, wegbreeknaweke, konferensies en troues. Die lodge het slaapplek vir 22 gaste.

Stone Hounds Lodge bied grasdak-chalets en rondawels, kamers en eenhede aan gaste met slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Die eenhede het driekwartbeddens en/of koningingrootte-beddens. Beddegoed en handdoeke word voorsien vir elke eenheid.

'n Yskas en tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar in elke eenheid. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste. Ontbyt en aandetes kan voorsien word op versoek. Let asb. daarop dat die eenhede nie TV of WiFi het nie.

Gaste kan die gemeenskaplike swembad en onthaalarea geniet of uitspan op die patio. 'n Gemeenskaplike braai-area is ook beskikbaar. Geriewe vir konferensies, werkswinkels, troues, partytjies en reünies is beskikbaar.

Let asb. daarop dat Stone Hounds Lodge 'n streng spoedbeperking van 20 km/h het. Troeteldiere is welkom, indien vooraf gereël en gaste word vereis om die volledige bepalings en voorwaardes van die lodge te aanvaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stone Hounds Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]