Storkereden

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Storkereden is Deens vir "ooievaarsnes" en bied selfsorgverblyf in 'n strandhuis in Pearly Beach. Die huis bied 'n see-uitsig en is net 100 m van die strand af.

Dié huis het slaapplek vir 10 en beskik oor 5 slaapkamers. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamers het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kombuis, eetarea en sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en etenstafel met stoele. Die kombuis lei na nog 'n eetarea. Die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV. Daar is ook braaigeriewe, veilige parkeerplek en gratis WiFi.

Dis ideaal vir 'n gesinsvakansie en doendinge sluit branderplankry, visvang, rotspoele, wandel op die strand, wynproe, haaihokduik, perdry en voetslaan in. Dis ook die ideale basis vanwaar die omliggende dorpies verken kan word. Van Julie tot Oktober kan walvisse van die huis af gewaar word. Dolfyne en swarttobies kom ook voor en geelstert, krap, mosselkrakers en steenbras kan van die strand of koppies af gevang word.

Slaapplek

'n Bespreking by Storkereden sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Storkereden gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za