Strandsig 407

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strandsig 407 is 'n gerieflike tweeslaapkamerwoonstel vir sakereisigers en vakansiegangers. Die woonstelgebou is in Kusweg geleë, maar Strandsig 407 bied slegs 'n uitsig op die berge.

Die woonstel bied selfsorgverblyf vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Die ruim en gerieflike slaapkamer het ingeboude hangkaste en 'n plafonwaaier. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV, 'n eetkamertafel, plafonwaaiers en deure wat lei na die balkon. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof en oond, ketel, mikrogolfoond, eetgerei, ens. Die 2 badkamers is albei toegerus met handdoeke en skoon beddegoed word voorsien. Bring net asseblief jou eie strandhanddoeke.

Veilige parkeerplek is ook op die eerste vloer van die gebou beskikbaar. Daar is 2 hysbakke in die gebou.

'n Veilige 3 km-lange strand is net 50 m van die ingang van die gebou af. Winkels, restaurante en 'n apteek is stapafstand (5 minute) van die woonstel af. 3 Gholfbane en Somerset Mall is ook net 'n kort entjie se ry van die woonstel af. Stellenbosch en sy wynroetes en historiese plase is net 20 minute per motor van jou af. Tafelberg en Kaapstad is net 50 km van die woonstel af.

Die woonstel is 35 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 17 km vanaf Stellenbosch, en ook naby verskeie toeriste-besienswaardighede.

Slaapplek

'n Bespreking by Strandsig 407 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strandsig 407 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za