Strawberry Hill Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strawberry Hill Farm bied gerieflike selfsorg-verblyf op 'n plaas wat aan die Grootvaderbosch Natuurreservaat in die Grootvaderbosch Bewarea grens. Strawberry Hill se naam kom van die wilde aarbeie wat op die plaas gegroei het. Die plaas is 20 minute vanaf Heidelberg en 38 minute vanaf Swellendam geleë.

Verblyf word in 3 eenhede gebied en het slaapplek vir 18 gaste. Forest Lodge is 'n rustieke kothuis met baie karakter en dit bied slaapplek aan 6 gaste. Strawberry Hill Lodge is 'n opgeknapte huis met 4 slaapkamers en 4 badkamers met lieflike berguitsigte. Jenny's Cottage is 'n ruim eenslaapkamerkothuis op die grens van die reservaat en dit het slaapplek vir 3 gaste.

Strawberry Hill Farm bied braaigeriewe, 'n kaggel op die perseel, voetslaan- en wandelroetes en rivierpoele.

Die plaas word omring deur unieke bergfietsroetes van 120 km. Dit word met 4 roetes wat deel van Grootvaderbosch Bewarea se roetes vorm gekombineer. Gaste kan dus voetslaan, fietsry en voëlkyk en die plaas is die ideale plek waar jy kan ontspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits
  •  Spaans

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strawberry Hill Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false