Studio62

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

Studio62 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim drieslaapkamerhuis sowat 1,2 km vanaf die Vaalrivier en 1,3 km vanaf Parys se middedorp. Jy kan lekker dorp toe stap.

Dié huis is in 'n lieflike tuin met baie skadu, voëls, 'n fonteintjie, geheime hoekies, en patio's met 'n rookarea en draagbare braaigeriewe (2 groottes). Die huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 8. Daar is 2 dubbelbeddens, 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens op die beskutte stoep. Die beddens het elektriese komberse. Daar is 2 badkamers waarvan die 1 'n stort, bad, wasbak en toilet het en die ander 'n en suite-bad het. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolf, waterfilter, kookware, braai-toebehore, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n eetarea met 'n kaggel. Daar is ook 'n opwaskamer en 'n sitarea met 'n TV, sekere kanale en WiFi.

Daar is parkeerplek vir 4 voertuie op die perseel. Doendinge in Parys sluit abseil, kunsklasse, 4x4-roetes, bessiepluk, voëlkyk, kunsvlieghengel, voetslaan, verfbal, riviervlotvaart, fietsry, lug- en perdeskoue, blomfeeste, Hartelus-mark (eerste Saterdag van elke maand), restaurante en winkels in.

Slaapplek

'n Bespreking by Studio62 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Studio62 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 260 per nag (plek vir 8)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za