Stylish Living on the Water

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stylish Living on the Water is 'n woonstel op die Thesen Island-landgoed in Knysna wat van mensgemaakte eilandjies gemaak is.

Die verblyf het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat uitkyk oor die kanale. Dit is 'n dupleks met die leefarea en een slaapkamer bo, en die tweede slaapkamer en sonbrand dek onder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 driekwartbeddens het. Een van die en suite-badkamers het 'n bad en n groot stort, terwyl die tweede badkamer net 'n stort het. Vir die kouer winters het die eenheid heerlike ondervloerverhitting.

Die woonstel is baie goed toegerus vir langer verblyf periodes. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, wasmasjien, tuimeldroeer, droograk, skottelgoedwasser en kooktoebehore. Daar is kroegstoeltjies sodat mens by die kombuis kan eet. Die eenheid het 'n TV met DSTV. Die patio is groot met 'n lieflike Balinese tafel en 8 stoele. Die ingeboude braai is ruim en sal menige vuurtjies lekker sien brand terwyl mens oor die kanaal en bootjies kyk. 'n Praktiese toegvoeging is 'n ekstra toilet op die patio vir gaste. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir een kar.

Die eenheid is stapafstand vanaf restaurante en winkels op die eiland, terwyl besienswaardighede soos die Featherbed Natuurreservaat, die Knysna Olifantpark, Knysnawoud en gholfklubs net 'n kort entjie se ry vanaf die eiland is.

Daar is 'n kajak met spane wat gebruik kan word.

Slaapplek

'n Bespreking by Stylish Living on the Water sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stylish Living On The Water gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false