Sugar Fields

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sugar Fields is op 'n werkende suikerriet- en beesplaas met 'n kwekery en uitsigte oor die uitgestrekte plantasies en die heuwels van die Gwahumbe-vallei in die verte.

Ons bied 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies van basiese kampeergeriewe, tot selfsorg, tot alles-ingesluit-verblyf en 'n keuse van konferensie- en funksie-venues. Spesiale pakkette vir gesinsvakansies, intieme troues of 'n romantiese naweek is beskikbaar. Ook vir besigheidsfunksies en wegbreke. Sugar Fields is welbekend vir uitstekende tuisgemaakte disse en die gasvrou, Sally, kan 'n spesiale driegang-aandete, ligte middagetes, peuselhappies en smullekker ontbyt voorberei. Gaste kan etes bestel van die spyskaart af vir 'n vinnige ete.

Daar is 'n groot verskeidenheid opwindende aktiwiteite en asemrowende uitsigte. Sugar Fields is in die pragtige KwaZulu-Natalse Middellande in Eston geleë. Dis net 'n halfuur van Pietermaritzburg af en 1 uur van Durban af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sugar Fields gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R610 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za