Suidenrus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié Strandhuis in Stilbaai spog met 'n puik ligging op 'n duin teen die strand, en 'n asemrowende uitsig oor die branders. Beleef die atmosfeer van 'n strandhuis uit die ou dae, maar met moderne geriewe.

Die huis bied direkte toegang tot die pragtige Blouvlagstrand en al wat tussen jou en die riviermond en die strandmeer staan, is 15 minute se stap. Jy kan reg voor die huis swem, of 'n paar meter stap en by die swemmers op die hoofstrand aansluit.

Die huis bestaan uit twee dele en die deel wat verhuur word beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers, waarvan 2 elkeen 'n en suite-badkamer het. Die hoofslaapkamer met sy dubbelbed, die leefarea en die kombuis is op die eerste vloer, en die ander 3 slaapkamers (een met 'n dubbelbed en twee met 2 enkelbeddens elk) is op die grondvloer. Dan is daar nog 2 beskutte dekke met luisterryke uitsigte - selfs al waai die Suidooster kan jy rustig sit en vir die see kyk sonder om die wind te voel.

Klop by ons aan vir rustigheid, pragtige uitsigte en natuur in 'n veilige omgewing. Al wat jy hier hoor is die suising van die see, motors is skaars, behalwe gedurende Kersfees en Paasnaweek.

Slaapplek

'n Bespreking by Suidenrus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Suidenrus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false