35% af Kry 35% af. Geldig vanaf 19 Mrt 2020 tot 30 Apr 2020.
Gordonsbaai Akkommodasie by Suikerbossie 82 | LekkeSlaap
+41
+41

Suikerbossie 82

5 resensies
Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 35% af
  • Vanaf R2 402 R1 561 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossierylaan 82, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Suikerbossie 82 is 'n ongekunstelde strandhuis in die bekoorlike hawedorp, Gordonsbaai. Die hoof eienskap van hierdie klassieke selfsorgverblyf is die ononderbroke see-uitsigte van beide vlakte af. Gaste sal perfek geposisioneer wees om die toorkrag van die nabye Moederstad en die ander skatte wat Gordonsbaai bied, te verken.

'n Steil stel trappe lei na die eiendom en is dalk nie geskik vir ouer gaste nie. Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea, asook 'n TV-kamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, armstoel en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n lessenaar met 'n stoel. Die derde kamer het 2 enkelbeddens, 'n waaier en 'n boekrak. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n ontbyttoonbank met stoele.

Die sitkamer het gemaklike banke en skuifdeure wat na die balkon lei. Die langwerpige onderdakbalkon is die perfekte plek om die ongelooflike skoonheid van die natuurlike omgewing en die see-uitsigte te geniet of te braai. Die TV-kamer het 'n tweesitplekbank en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Suikerbossie 82 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Suikerbossie 82
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Suikerbossierylaan 82, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Suikerbossie 82 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 402
Vanaf R1 561
per nag (plek vir 6)
was R2 402
Vanaf R1 561
per nag (plek vir 6)
was R2 402
Vanaf R1 561
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossierylaan 82, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF4hL6o3k2uu9LmafmjcKA9QY10sHrrojV8YcJ3lVlKpOFji7mE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 402, nou Vanaf R1 561  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 82 Suikerbossie Drive Mountainside 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.168643153769 18.853386938658
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za