LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Summerseas on Marine | LekkeSlaap
+47

Summerseas on Marine

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Summerseas 79, Marine-rylaan, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Summerseas on Marine bied gerieflike seflsorgverblyf in 'n goed toegeruste drieslaapkamerwoonstel in Summerstrand in Port Elizabeth. Gaste kan pragtige see- en sonopkomsuitsigte vanaf die moderne woonstel geniet.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste badkamer het 'n oopplan-uitleg in die slaapkamer en het 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 6 en 'n binne-gasbraai. Die sitkamer het 'n gemaklike hoekbank. Die huis spog met fantastiese see-uitsigte. Die solderarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm TV met volle DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Daaglikse skoonmaak dienste is nie ingesluit maar kan gereël word teen 'n ekstra koste.

Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad, veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit. Die eenheid het 3 parkeerplekke waarvan 1 bogronds en 2 ondergronds is. Die kompleks bied ook direkte toegang tot Pollock Beach oorkant die pad. Dis stapafstand van winkels, restaurante en alle strande af.

Slaapplek

’n Bespreking by Summerseas on Marine sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Summerseas 79, Marine-rylaan, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Summerseas 79, Marine-rylaan, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASyqrtun9D3JcgyqTdjjmnyqywp0LVKEjVCKmGJJMufh1DUqMQe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 79 Summerseas Marine Drive 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.986934 25.672044
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!