Sundays Mouth Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sundays River Mouth Guesthouse is aan die oewer van die Sondagsriviermonding in die slaperige vakansiedorpie, Colchester, naby die Addo Olifantpark geleë.

Verblyf word gebied in 2 selfsorgeenhede. Die eerste eenheid het slaapplek vir 5 en die ander een het slaapplek vir 6. Die eenhede is op dieselfde perseel, maar het elkeen hul eie braai-areas en deel die swembad.

Veilige onderdak-parkeerplek is beskikbaar. Sou jy net wil oorslaap, of meer tyd wil spandeer om die Sonskynkus te verken, sal Sundays River Mouth Guesthouse in jou spesifieke behoeftes voorsien.

Dit is perfek vir toeriste wat die Addo Olifantpark wil besoek aangesien die suidelike hek net 4 km weg is. Gaste kan verskeie watersportsoorte beoefen, visvang, perdry, met die vierwielmotorfiets ry, staptogte langs die 38 km lange strand geniet en in een van Suid-Afrika se grootste getyriviere swem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sundays Mouth Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 760 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za