Sunset Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Villa is in die bekoorlike Weskusdorpie, Yzerfontein, geleë. Die villa bied gerieflike gehalte-verblyf en is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige vakansieplek by die see. Sunset Villa is naby alle geriewe en net 'n klipgooi van die strand af.

Die Sunset Villa is op die boonste verdieping en het 4 slaapkamers, 3 badkamers en het slaapplek vir 8. Dis in 'n L-vorm om die swembad en binnehof gebou met 'n noord-uitsig. Daar is 'n lieflike uitsig oor die see van die braaikamer af en ook vanaf die stoep wat reg rondom die huis strek. Daar is dekstoele vanwaar jy ook die uitsig kan geniet.

Die ateljeewoonstel is op die onderste verdieping en het ’n oopplan-eenheid met ’n badkamer. Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes.

Jy kan navraag doen vir albei eenhede met slaapplek vir 12, maar dit word ook apart verhuur.

Die hoofhuis se geriewe sluit 'n biblioteek, boma met 'n braai, Jacuzzi langs die swembad en parkeerplek vir 2 voertuie in. Daar is openbare parkeerplek en 'n paar winkels oorkant die pad. 'n Skoonmaakdiens kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word.

Kom ervaar die Weskus in al sy glorie tussen Augustus en November wanneer die blommeseisoen is.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en studente, funksies vir besighede, ram- of hennepartytjies of visvanggroepe word ook nie toegelaat nie. Die verblyf is net geskik vir gesinne of paartjies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false