Swallowtail Country Estate
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swallowtail Country Estate, Hoofweg 1B, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Swallowtail Country Estate is in die vakansiebestemming Hogsback. Hierdie area is alombekend vir sy pragtige lente-, somer- en herfstuine en is ook 'n paradys vir natuurliefhebbers. Hogsback, met sy lieflike berge, ongelooflike uitsigte, magiese woude, mistigheid, pragtige voëls, skoenlappers en paddastoele, en skitterende sonsondergange het sy eie unieke rustigheid en bekoring.
Dié klein dorpie lê hoog teen die Amatola-berge, word deur inheemse woude en helder watervalle omring en deur mis omhul. Dis 'n geheimsinnige plekkie wat die gemoed streel en vernuwe. Verskeie voetslaanpaaie lei besoekers na rustigheid in die hartjie van die ongerepte natuurskoon, waar onder andere 'n majestueuse ou geelhoutboom waak.
Swallowtail Country Estate bied selfsorgverblyf in 2 bekoorlike kothuise - Swallowtail-kothuis en Melody-kothuis. Elke kothuis is gerieflik gemeubileer en het sy eie kombuis, leefarea met DStv, kaggel en braaigeriewe.
Swallowtail Country Estate is ook stapafstand vanaf winkels, restaurante en voetslaanpaaie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ansie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Swallowtail Country Estate, Hoofweg 1B, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Gaste dink Swallowtail Country Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hogsback Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swallowtail Country Estate, Hoofweg 1B, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom