Matjiesrivier Akkommodasie by Swartberg Backpackers | LekkeSlaap
+52
+52

Swartberg Backpackers

  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voorbedacht Plaas, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Swartberg Backpackers is 45 km buite Oudsthoorn, aan die voet van die wêreldbekende Swartberge. Koel af in die swembad wat omring word deur die klanke van die natuur, rustigheid, natuurskoon en voortreflike berg-uitsigte.

Hier by Swartberg Backpackers word sonkrag, gas en houtvure gebruik in plaas van konvensionele elektrisiteit. Dit beteken egter dat hier geen TV is nie. 'n Haardroër kan slegs gebruik word met 'n opwekker. Die sonkragstelsel voorsien genoeg krag om 'n skootrekenaar of selfoon te laai, die kamerligte te laat brand en die 12V-yskassie te laat loop. Daar is sonkrag- en gasgeisers om warm water te voorsien en 'n donkie van vlekvrye staal vir bewolkte en reënerige dae.

Ons het 'n volledige kombuis met 'n stoof, oond, yskas en braaigeriewe met gratis hout. Al ons eenhede bied uitsigte oor die waterval, berge en die plaasdam. Die Ark-eenheid het tafeltennis vir diegene wat 'n bietjie kompetisie geniet.

Die verblyf word in 'n gastekamer en rugsakreisigerkamers gebied. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, -oond, -yskassie en braaigeriewe met gratis hout. Due Ark het ook 'n tafeltennis vir sportliefhebbers.

Neem asseblief kennis dat ons nie 'n restaurant, kroeg of winkeltjies op die perseel het nie. Daar wel 'n paar restaurante naby. Die naaste winkel is in Oudtshoorn. Vars melk en kaas kan by 'n nabygeleë boer gekoop word, en ons het 'n paar basiese kositems te koop.

Ons bied 'n reeks doendinge soos trapkarretjies, teikenskiet met 'n verfbalgeweer, kanovaarte in die plaasdam en swem in die bergswembad. Perdry kan teen 'n ekstra fooi by 'n professionele ruiter gereël word.

Swartberg Backpackers is troeteldier-, motorfiets- en fietsryer-vriendelik.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 30 resensies vir Swartberg Backpackers
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Voorbedacht Plaas, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Swartberg Backpackers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voorbedacht Plaas, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFhODQ5MzZhLTM1MjEtNGRmYy1iYjNiLWNkODg5NTM3NzQ1Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 30 5 1 5 Farm Voorbedacht Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.38175 22.057611111111
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za