Swellendam Overnight Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swellendam Overnight Accommodation bied 'n privaat gastekamer vir 1 of 2 gaste in Swellendam.

Dis ideaal vir oornagverblyf. Die gerieflike kamer is in die hoofhuis geleë, maar het 'n privaat ingang en het 'n koningingrootte-bed. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Vir ekstra gerief word linne en handdoeke voorsien.

Die kamer het 'n platskerm TV met DStv, yskassie, mikogolfoond, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe en beskuit word ook voorsien. Die eenheid lei na 'n privaat patio met 'n tafel, stoele en 'n sambreel. Daar is parkeerplek voor die gastehuis met sekuriteitskameras.

Swellendam Overnight Accommodation is stapafstand van die middedorp, verskeie restaurante, koffiewinkels en geskenkwinkels af. Swellendam bied verskeie doendinge - bessies pluk op die bessieplaas, voetslaan, wandel, perdry of besienswaardighede soos die Bukkenburg Pottebakkersateljee, die laventelplaas en die Sulina Fairy Sanctuary.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swellendam Overnight Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za