Salt River Akkommodasie by Swift Studios Self-Catering Studio Apartments | LekkeSlaap
+10

Swift Studios Self-Catering Studio Apartments

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cecilweg 97, Soutrivier, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Swift Studios Self-Catering Studio Apartments bied gerieflike akkommodasie in solderwoonstelle met 'n Skandinawiese styl in Soutrivier, net 5 km van Kaapstad se middestad en 16 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die solderwoonstelle is ruim oopplan-eenhede wat elk 60 m² groot is. Die Skandinawiese dekor is modern met patrone en helder kleure. Die eenhede het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuis. Die eenhede is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n slaapbank, 'n elektroniese kluis, haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe en komplimentêre badkamergeriewe. Gaste geniet ook toegang tot veilige parkeerplek.

Soutrivier is die industriële hart van Kaapstad en is naby die middestad geleë. Dit ontaard tans vinnig in een van die mees moderne voorstede van die Moederstad met groot besighede, restaurante en oulike winkels. Plaaslike besienswaardighede sluit Ecco Cafe, The Creamery, Devil's Peak Brewery en The Old Biscuit Mill in.

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Swift Studios Self-Catering Studio Apartments
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Cecilweg 97, Soutrivier, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Gaste dink Swift Studios Self-Catering Studio Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cecilweg 97, Soutrivier, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDliZDYzZTM3LWNkZmMtNGI0Zi05NmM3LWI3ZmE5YjQ2YmM3Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 97 Cecil Road Salt River 7925 Wes-Kaap 086 999 0018 10:00-19:00 10:00 -33.932535139165 18.461848497391
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za