Sybrand Mankadan Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Sybrand Mankadan Apartment bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n eenslaapkamerwoonstel. Dis 'n veilige woonstel op die Sybrand Mankadan-gebou se tweede verdieping in Stellenbosch.

Dié woonstel beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ook WiFi en 'n TV met Netflix. Die woonstel bied 'n uitsig oor die straat en bome.

Daar is 'n interkomstelsel en veilige parkeerplek op die perseel agter 'n outomatiese hek. Dis net 650 m vanaf Stellenbosch Universiteit en stapafstand vanaf winkels, kroeë en restaurante. Die Coetzenburg Sportsentrum is 1 km ver. Doendinge sluit draf, bergfietsry en voetslaan in Jonkershoek Natuurreservaat in, wat 9,2 km ver is.

Slaapplek

'n Bespreking by Sybrand Mankadan Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sybrand Mankadan Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R665 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za