Table View Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Table View Villas bied gerieflike selfsorgverblyf in woonstelle in Bloubergstrand. Die woonstelle is opgeknap, sentraal geleë en ideaal vir gaste wat die lieflike Weskus en besige Kaapstad wil verken.

Elke woonstel het 2 slaapkamers, is volledig toegerus en het 'n ingeboude braai op die patio. Elke woonstel het ook 'n plafonwaaier, linne, haardroër en badhanddoeke. Woonstelle word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Die kompleks bied geriewe soos 'n swembad, speletjieskamer, trampolien, sakekamer met internet en faksgeriewe, gemeenskaplike parkeerplek, 'n speelgrond, putt-putt en 'n wasgoeddiens.

Daar is verskeie besienswaardighede in die omgewing, soos Ratanga Junction, Canal Walk-winkelsentrum, Killarney-resiesbaan en Atlantic Beach Gholfbaan.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Table View Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 725 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za