Tamboti River Lodge
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stand 111, Mjejane Privaat Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R9 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Tamboti River Lodge is aan die oewer van die Krokodilrivier op die Mjejane Privaat Natuurreservaat geleë. Hierdie 4000 ha-reservaat vorm deel van die suidelike punt van die Groter Krugerwildtuin. Die lodge is die perfekte wegbreekplek vir families en vriende wat 'n luukse tydjie in die bos soek.
Dit beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, asook 'n binne- en 'n buitestort. Daar is ook 'n privaat dek met 'n uitsig oor die rivier vir elkeen van die kamers.
Die grondverdieping beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus. Die leefarea bied 'n asemrowende uitsig oor die rivier en die bos.
Gaste kan by die onderdakbraai-area of die vuurput braai. Hier kan hulle die diere dophou wat die Krokodilrivier besoek. Die vermaakarea het 'n veerpyltjiebord en tafeltennis. Die boonste dek is die ideale plek vir 'n skemerkelkie en voëlkyk. Die lodge het ook 'n swembad met 'n pragtige uitsig oor die bosveld en die rivier.
Aktiwiteite in en rondom die lodge sluit wildritte, staproetes of gholf by die Leopard Creek-buiteklub in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Stanley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Stand 111, Mjejane Privaat Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Tamboti River Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stand 111, Mjejane Privaat Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Geen kinders onder 18