Canyon Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Aloe Canyons Guestfarm skuil op 'n plaas tussen Swellendam en Malgas. Swellendam is 27 km van hier af en Malgas net 19 km. Laasgenoemde spog met 'n pont wat met die hand werk en die De Hoop Natuurreservaat is 'n groot trekpleister. Hier by ons kan gaste die platteland in al sy glorie beleef en die daaglikse verloop van die plaastake gadeslaan.

Die oopplan-kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n konininggrootte-bed. Verder het die kothuis 'n en suite-badkamer, kombuis, sitarea en 'n binnebraaiplek. Linne en handdoeke word voorsien.

Die plaas is ook ideaal vir drawwers, fietsryers, en stappers. Daar is heelwat reptiele, voëls, en plante te sien. Die patio bied 'n lieflike uitsig oor die Renosterveld, die springbokke wei op jou drumpel en gaste kan kyk hoe die bergskilpaaie appels verorber.

Gaste kan gerus ook 'n draai maak by Aloe Canyons Wild Life and Guestfarm met sy elande, koedoes, en pragtige voëllewe. Die wild is baie mak so mens kan rondstap en hulle van naby af beskou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Canyon Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false