The Attic in Clarens
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 18 Jan 2021 tot 31 Jan 2021.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 222, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 6
-
Vanaf
R1 640R1 312 per nag (vir 4 persone)
Beskrywing
Die eertydse tuiste van 'n bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar, The Attic in Clarens, is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die hoofstraat van Clarens, slegs 'n kort entjie se stap vanaf die dorpsplein. Dit is gerieflik geleë op die eerste verdieping en daarom ongelukkig nie rolstoelvriendelik nie. Dit is die ideale plek om te ontspan en die beeldskone natuurskoon te geniet met uitsigte oor die bome en berge.
Die woonstel het gemaklike slaapplek vir 4 gaste en het 1 oopplan-slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Al die beddens is opgemaak met perkallinne en daar is elektriese komberse en ekstra komberse vir koue winteraande. Die volledige badkamer het 'n bad en 'n aparte stort.
Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof, en oond, 'n mikrogolfoond, 'n elektriese ketel, broodrooster, breekware, eetgerei en ander toebehore wat jy sou benodig tydens jou verblyf. Die leefarea beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale (gastehuispakket). Daar is onderdakparkeerplek op die perseel. Braaigeriewe is beskikbaar op die balkon.
Slaapplek
’n Bespreking by The Attic in Clarens sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Frans
- Italiaans
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hoofstraat 222, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink The Attic in Clarens het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 222, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 6