Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Bakoni Hide-Away - Schoemanskloof Retreat

Selfsorg
Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 9 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.

  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Falls Fish Plaas, Schoemanskloof, Nelspruit Distrik, 1207, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 R1 530 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

The Bakoni Hide-Away - Schoemanskloof Retreat is op die Falls Fish Plaas in die pragtige, inheemse vallei van Schoemanskloof, in Mpumalanga op pad na die Kruger Wildtuin. Dit is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en ideaal vir 'n romantiese wegbreek. Dit is nie omhein nie en is op 'n afgeleë plek aan die kant van 'n berg met voëllewe, bokke en ander wild wat rondloop.

Die oopplan-kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 ouer kinders. Daar is 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n steil trap lei na die mezzanine-area met 2 enkelmatrasse. Die badkamer het 'n dubbelstort met 'n glasdeur wat na buite lei, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n klein etenstafel met sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet en die leefarea het 'n gemaklike rusbank en 'n kaggel.

Buite is daar 'n onderdakstoep met sitplek en 'n klein boma. 'n Groot gietysterpot is beskikbaar om stadig op die vuur te kook. Die kothuis is onaghanklik van die nasionale kragnetwerk en gebruik sonkrag wat die geiser en ligte aanhou en klein toestelle laai. Paraffien-lanterns verskaf beligting vir die buite-area en daar is 'n ekstra houtvuur-donkie om water tydens reënerige weer te verhit. Daar is ook 2 ou gietysterbaddens wat op 'n nabygeleë kransrand geplaas is waar gaste kouewaterbaddens en skemerkelkies na 'n baie warm dag kan geniet.

Die kothuis is perfek vir voëlkykers en natuurliefhebbers wat vertroud is met die Afrika-bos. Gaste kan ook 'n ystervark, jakkals, bok of ander wild besigtig. Die plaas van 184 hektaar het 2 klowe met kaskenades en watervalle wanneer daar goeie reën geval het, en word begrens deur die rivier. Daar is verskeie verskillende staptogte en plaaspaaie om te verken. Gaste kan die Sudwala-grotte, Kaapschehoop en Panoramaroete verken.

Slaapplek

’n Bespreking by The Bakoni Hide-Away - Schoemanskloof Retreat sluit in:

Koninggrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Ekstra enkelmatras
Area 2
Plek vir 2 mense
2 xEkstra enkelmatras

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir The Bakoni Hide-Away - Schoemanskloof Retreat
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Dee Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 2

Jaar gelys 3

Ligging

  • Falls Fish Plaas, Schoemanskloof, Nelspruit Distrik, 1207, Mpumalanga
  • Gaste dink The Bakoni Hide-Away - Schoemanskloof Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Schoemanskloof Mpumalanga
Vanaf R1 800
R1 800 R1 530
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 800
R1 800 R1 530
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Falls Fish Plaas, Schoemanskloof, Nelspruit Distrik, 1207, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb19ad183067835ab3fdfd606493c2b56dbf0ba3f7975863a91b3c58c8d29a8b5c072faf98db399343215f60b35f65d5ec017?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 800 nouVanaf R1 530 per nag, vir 4 mense 2 5 1 5 Falls Fish Farm Schoemanskloof 1207 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.391858008301 30.598318465911
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem