The Boh-House
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Jun 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Lange-straat 43, Graskop, 1270, Mpumalanga
-
Vanaf
R4 000R3 600 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
The Boh-House is 'n ruim selfsorghuis in Graskop wat ideaal is vir 'n gesin of groep vriende wat graag die omgewing wil verken.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 'n hoofhuis en woonstelletjie geheg aan die huis. Die hoofhuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste in hierdie slaapkamer gebruik 'n tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Die woonstelletjie beskik ook oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die gedeelde badkamer het 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die hoofhuis en die woonstelletjie het elkeen 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster en yskas-vrieskas toegerus is. Gaste kan almal die wasmasjien in die hoofhuis se opwaskamer gebruik. Die leefareas in die hoofhuis en woonstelletjie het elkeen 'n gemaklike sitarea met rusbanke en 'n kaggel. Elke eenheid het ook 'n TV met die volle DStv-pakket en gratis WiFi.
The Boh-House het ook 'n sonkamer en houtdek met braaigeriewe en 'n berguitsig. 'n Tickle Tub-houtvuurwarmbad en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Macylla Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- De Lange-straat 43, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Gaste dink The Boh-House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Graskop Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Lange-straat 43, Graskop, 1270, Mpumalanga