The Bush Hut
Kry 10% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rotsvyweg 552, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Vanaf
R2 400R2 160 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
The Bush Hut is op die Hoedspruit Wildlandgoed en bied privaat selfsorgverblyf in die hartjie van die bosveld.
Dié huis het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n hoekbad en daar is 'n buitestort. Komplimentêre toiletware en toiletpapier word met aankoms voorsien. Albei slaapkamers het waaiers en die hoofslaapkamer het lugversorging.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV, lugversorging en onbeperkte WiFi.
Daar is herlaaibare gloeilampe en sonkragligte vir beurtkrag. Daar is ook 'n gasstoof beskikbaar. Herlaaibare waaiers bo en onder sal gaste koel hou tydens beurtkrag. Daar is ook 'n UPS spesifiek vir WiFi sowel as 'n kragtrollie met 2 proppunte en 2 USB-poorte om die TV en yskas of waaier aan die gang te hou tydens beurtkrag.
Die eenheid lei na 'n lieflike stoep buite met 'n etenstafel en stoele, en 'n ingeboude braai. Daar is 'n plonspoel en 'n boma waar gaste om die vuur kan kuier. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan besoeke van impalas, duikers, kameelperde en soms koedoes en vlakvarke by die huis verwag. Gaste kan ook op die landgoed gaan stap, op 'n wildrit gaan, of 'n fiets huur en die landgoed verken.
Dit is die perfekte basis vanwaar gaste daguitstappies na die Krugerwildtuin, Blyderiviercanyon en baie ander besienswaardighede naby Hoedspruit kan geniet. Restaurante en winkels is ook lekker naby die huis geleë.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Rotsvyweg 552, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink The Bush Hut het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rotsvyweg 552, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo