The Cape Amethyst

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Cape Amethyst Guest House is 'n luukse gastehuis wat versier is met 'n energieke en hartlike Afrika- en Boheemse-tema. Dit is in 'n eksklusiewe woonbuurt van Bloubergrant net 700 m van die strand af en net 30 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Dit is ideaal vir vakansiegangers, sakereisigers of vlieërbranderplankryers, hetsy van Suid-Afrika of die buiteland.

Al die kamers spog met hartlike gasvryheid, privaatheid, persoonlike diens en al die geriewe van 'n huis. Gaste kan kies uit 'n suite vir 'n paartjie en 'n selfsorg-eenheid. Die suite vir 'n paartjie het 'n koningingrootte-bed. Die selfsorg-eenheid het 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelslaapbank in dié eenheid se oopplan-leefarea. Die beddens het silwerskoon Egiptiese katoenlinne met 'n draadtelling van 400. Die kamers het ook verwarmers en koffie- en teemaakgeriewe. Die paartjie-suite en selfsorg-eenheid het en suite-badkamers. Elke badkamer het sagte handdoeke, toiletware en haardroërs.

Die huis is elegant versier en spog met houtafwerkings en gesofistikeerde meubels. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n groot TV. Gaste kan lekker langs die swembad ontspan. Daar is ook 'n kaggel waar jy kan ontspan en skemerkelkies geniet.

'n Heilsame Kontinentale ontbyt-buffet, asook 'n wasgoeddiens is beskikbaar teen ekstra koste. Veilige parkeerplek word gratis voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Cape Amethyst gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 290 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za