The Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Country House is 'n groot gesinshuis in die hartjie van pragtige Constantia met die Tafelberg Nasionale Park wat dié lowerryke vallei van 2 kante af omring en die Kaap se wynlande wat op jou voorstoep is.

Dié gesofistikeerde gesinshuis het 'n outentieke, plattelandse atmosfeer. Die huis is elegant, maar tog bied dit gaste die geleentheid om heerlik te ontspan en die natuurgeluide rondom hulle te geniet.

Die huis het slaapplek vir tot 8 mense en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n formele sitkamer, 'n formele eetkamer, 'n gesinseetkamer en 'n sonkamer. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié 2 kamers deel 'n gesinsbadkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die groot, formele sitkamer het 'n kaggel. Die huis het 'n groot vermaakarea buite met sitplek vir baie mense en 'n swembad en sondek.

Die huis is in 'n sekuriteitslandgoed met 'n alarmstelsel en 24 uur-sekuriteitswagte op die perseel geleë. ADSL-internet is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by The Country House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za