Mpumalanga Akkommodasie by The Folly | LekkeSlaap
+34

The Folly

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 377 Plot 377, Golden Mile Landgoed, Naauwpoort, 1301, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 380 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Folly is 'n selfsorghuis op die Witbankdam se oewer op die Golden Mile Landgoed. Die huis bied 'n rustige toevlug vir diegene wat van die stadsgejaag wil ontsnap. Die huis is in 'n veilige eko-landgoed met sebras, bokke, wildebeeste en 'n perd, sowel as 'n rits voëlspesies geleë. Daar is 'n skeepshelling vir gaste se bote wat dit ideaal maak vir vissermanne, want daar is oorgenoeg baars, karp en baber.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Alle linne is van Egiptiese katoen of perkal gemaak. Die slaapkamers lei na die stoep wat reg rondom die huis strek. Die badkamers het groot vensters met eenrigtingglas. Al die badkamers het instapstorte en 2 sommiges het ook 'n losstaande bad. Die badhanddoeke is dik en luuks, en luukse toiletware word voorsien - gaste moet net hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, konveksie-mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Basiese spensitems word voorsien, soos koffie (dompelpotkoffie en Jacobs), verskeie tee, suiker, olie en al die speserye wat gaste sal nodig hê.

Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n hele paar speletjies, boeke en tydskrifte, sowel as 'n veerpyltjiebord.

Die stapeldeur lei na 'n groot onderdakstoep waar gaste asemrowende sonsondergange en 'n bok of sebra wat wei kan dophou. Daar is ook 'n Weber-braai. 'n Houtvuur-smeulstofie maak die huis lekker warm gedurende die koeler maande. Die huis is op 'n erf van byna 1 ha in 'n privaat reservaat geleë, so daar is meer as genoeg ruimte om rond te hardloop. The Folly is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n oornagstap op pad na of vanaf Mosambiek of die Krugerwildtuin. Doendinge in die omgewing sluit bootvaarte, seil, kajakvaarte en kanovaarte in.

Slaapplek

’n Bespreking by The Folly sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Ligging

  • Elandstraat 377 Plot 377, Golden Mile Landgoed, Naauwpoort, 1301, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf R2 380
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 380
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 377 Plot 377, Golden Mile Landgoed, Naauwpoort, 1301, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2b53dc791bebd1d0d8ffb0f939ac7e41b9eddf684f670b996442c2bc6e8a38ea7636d88d790de98fc675f8aaf5df8fe1a457?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 380  per nag (plek vir 8) Stand 377 Eland Street Golden Mile Estate 1301 Mpumalanga 086 999 0018 12:00-17:00 10:00 -25.949543232539 29.283383625967
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za