LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Franklin Loft Apartment 1106 | LekkeSlaap
+7

The Franklin Loft Apartment 1106

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pritchardstraat 4, The Franklin Apartment 1106, New Town, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Franklin Loft Apartment 1106 is 'n moderne selfsorgwoonstel in die Franklin-gebou in Johannesburg. Die Franklin Solderwoonstelle bied stylvolle en ruim verblyf in 'n privaat en mooi plek. Dit het ook al die geriewe wat jy van 'n modieuse woonstelblok sal verwag, soos vriendelike personeel, 24 uur-sekuriteit, veilige ondergrondse parkeerplek, 'n groot en goed toegeruste gimnasium, 'n Jacuzzi en 'n portier op die perseel wat gaste met navrae en versoeke help.

Die ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ruim badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n Nespresso-koffiemasjien, teemaakgeriewe, 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n Bluetooth-klankstelsel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook vinnige WiFi.

Daar is verskeie restaurante, koffiewinkels, kroeë, teaters en nagklubs in die area, asook 'n Woolworths as jy by die huis wil eet. Die woonstelle is gerieflik naby hoofkantore geleë vir gaste wat vergaderings in die stad moet bywoon.

Die Franklin het oor die jare 'n gesogte hotel vir prominente sakemense en sterre in Suid-Afrika geword en is in die hartjie van die sakekern geleë.

Slaapplek

’n Bespreking by The Franklin Loft Apartment 1106 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Jacuzzi
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 2 resensies vir The Franklin Loft Apartment 1106
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Pritchardstraat 4, The Franklin Apartment 1106, New Town, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Gaste dink The Franklin Loft Apartment 1106 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pritchardstraat 4, The Franklin Apartment 1106, New Town, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOuRZJ5QfRrSHp5lFMPXjK8ucuL3zwlh2Emlw8MXGPuRX8wMFya?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 4 Pritchard Street The Franklin Loft Apartment 1106 2193 Gauteng 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -26.20402 28.03691
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!