The Good Earth Villa 1
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Askopstraat 9, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 4
-
Vanaf
R6 502R5 852 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Good Earth Villa 1 bied luukse selfsorgverblyf met 'n manjifieke uitsig oor die inheemse woud en op die berge in The Crags, sowat 15 minute se ry vanaf die kusdorpie Plettenbergbaai. Die villa is die ideale basis vanwaar gaste die natuurskoon, strande en eko-aktiwiteite op dié gewilde deel van die Tuinroete kan verken.
Die villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n leefarea en 'n privaat swembad. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die tweede en derde badkamer het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Drie van die 4 slaapkamers spog met uitsigte oor die inheemse woud en op Tsitsikammaberge. Die vierde slaapkamer het 'n aparte ingang en dié gaste deel 'n badkamer met nog 'n slaapkamer op die boonste verdieping.
Die oopplan-kombuis op die onderste verdieping is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met stoele en 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV en 'n kaggel.
Die stapeldeure bied toegang tot die stoep en dit lei na die swembad, braai-area, vuurput en dek wat 'n uitsig oor die omliggende woud en op die berge bied. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by The Good Earth Villa 1 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Askopstraat 9, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Askopstraat 9, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 4