The Homestead Guesthouse & Coffee Shoppé

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Homestead Guesthouse & Coffee Shoppé is in Vaalpark in die hartjie van die petrochemiese industrie van Suid-Afrika geleë. Daar is maklike toegang tot Sasolburg, Naledi, Chem City en verskeie ander fabrieke in die Vaaldriehoek.

The Homestead is ontwerp om jou so tuis soos by jou eie huis te laat voel, met 'n vierster-gradering van AA, waar jy van kwaliteit en gerief verseker kan wees. Ons plattelandse atmosfeer en Vrystaatse gasvryheid sal jou welkom laat voel. Ons fokus op spesiale versoeke: ons het gratis WiFi in ons kamers en sal selfs vir jou 'n middagetepakkie pak. Doen navraag oor spesiale pakkette vir gaste wat langer bly of groepbesprekings. Jy kan ook ons koffiewinkel besoek en ons nuwe tuisgemaakte disse probeer, of vra dat een van ons eetborde by jou sakevergadering afgelewer word. Laat ons toe om jou aangenaam te verras!

Ons is naby die Vaalrivier aan die Vrystaat se kant en is gerieflik net 45 minute van Johannesburg af geleë. Tog behou ons die nostalgiese gevoel van die Vrystaatse platteland.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Homestead Guesthouse & Coffee Shoppé gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 036 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za