The Irish Rock Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Irish Rock Guesthouse is 'n ruim huis met slaapplek vir 12 in die Highland Gate Gholf- en Forellandgoed. Die huis kyk uit oor een van die watervalle op die landgoed.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 'n aparte kamer. Die 4 kamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en het 'n uitsig oor die omliggende omgewing. Die aparte kamer is toegerus met 2 stapelbeddens en is ideaal vir 'n au pair en 3 kinders. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n eetarea met 'n ingeboude vuurmaakplek. Die sitkamer het 'n TV en 'n kaggel. Drie pakke hout word voorsien, maar gaste moet self vir meer hout voorsiening maak. Die huis het ook 'n wynkelder met 'n snoesige kaggel.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en die huis word daagliks skoongemaak. Neem asb. kennis dat daar trappe in sekere dele van die huis is en dat dit miskien nie geskik is vir kinders, bejaardes of mense met gestremdhede nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Gaste kan ontbyt en middagete by die restaurant op die landgoed geniet, behalwe op Maandae, en aandete is op Vrydag- en Saterdagaande beskikbaar. Doendinge op die landgoed sluit tennis, visvang, gholf, voetslaan, voëlkyk en bergfietsry in.

Slaapplek

'n Bespreking by The Irish Rock Guesthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer 4 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer 5 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Irish Rock Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za