- Kapasiteit: 42 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:30 - Adres: 100 Fairway Rylaan, , Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 395 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Welkom by die Lodge op Atlantic Beach!
Sluit by ons aan vir 'n unieke ervaring op die Premier Atlantic Beach Gholflandgoed. In ooreenstemming met die filosofie van gemak en ontspanning, kan ons gaste gebruik maak van al die geriewe op die landgoed, onder andere die gholfbaan en ontspanningsentrum in. Al die fasiliteite is binne loopafstand van die lodge, en heeltemal veilig met gereguleerde toegang.
Geniet Atlantic Beach Gholfklub se 18-putjie links gholfbaan met sy tradisionele styl en bries van die see af. Die Sunset Terrace restaurant en Legends kroeg se asemrowende uitsig op Tafelberg wag net vir jou.
ONTSPANNINGSENTRUM
* ’n Swembad met ses bane
* Twee tennisbane
* Fiksheidsentrum met 'n trapmeul, trapklimmasjien, fiets en gewigte
* Koffiewinkel/internetkafee
ELEMENTAL HEALTH & BEAUTY
Kies uit 'n wye reeks ontspanningsterapieë en -behandelings.
Atlantic Beach Gholflandgoed is 'n gemaklike 25 minute per motor vanaf die hart van Kaapstad. Ervaar Kaapstad se “Groot Sesâ€, 'n kombinasie van die gewoel van die V&A Waterfront, die rustige skoonheid van Kirstenbosch Botaniese Tuine, 'n historiese besoek aan Robben Eiland, die gewilde Kaap Punt, Tafelberg in al sy prag, en die beste van Suid-Afrika se wynmakers.
DIE LODGE OP ATLANTIC BEACH
Die kamer sal jou stoutste verwagtinge oortref as jy soek na 'n tuiste weg van die huis. Ons bied 20 dubbelkamers wat luuks ingerig is. Jy kan verseker wees dat jy elke oomblik van jou verblyf by ons sal geniet.
Drie verskillende soorte kamers bied 'n kontemporêre, koloniale atmosfeer, geskep deur 'n kombinasie van Mahonie en ryk, luukse materiale in die Amerikaanse tradisie.
Elke kamer bied voortreflike en knus gemak met al die ietsies ekstra wat jy sal verwag:
* Satelliet-TV
* 4/7 Hoë-spoed internettoegang
* Kroegyskas
* 'n Keuse tussen 'n koningsgrootte of twee enkelbeddens
* En-suite stort
* Filterkoffiemasjien
* Verskeidenheid plaaslike koerante en tydskrifte
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 100 Fairway Rylaan, , Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink The Lodge at Atlantic Beach het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Atlantic Beach Golf Estate Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 42 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:30 - Adres: 100 Fairway Rylaan, , Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom