The Ocean Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Ocean Villa is 'n selfsorghuis met 4 slaapkamers in Sandbaai, 'n buurt in Hermanus. Sandbaai is tussen Onrusrivier in die weste en Hermanus se middedorp in die ooste geleë. Die huis bied slaapplek vir 8 gaste.

Die dubbelverdiepinghuis het 2 slaapkamers met en suite-badkamers en 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel. Een van die en suite-kamers lei na die tuin en die ander een lei na sy eie privaat balkon. Drie slaapkamers het koninggrootte-beddens wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens.

Die boonste kombuis is ruim en oopplan en het 'n eetkamertafel in die middel. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea lei na die kombuis en bied gemaklike sitplek, 'n binnebraai en 'n platskerm-TV. Daar is 'n groot onderdakbalkon met 'n al fresco-eettafel en sitplek. Op die onderste verdieping is daar 'n kombuisie, wasgoedgeriewe, 'n TV-sitkamer wat lei na 'n tuinstoep met 'n sitarea en 'n al fresco-eettafel. Daar is 'n groot grasperk, verhewe swembad, sonstoele en ekstra sitplek.

Die reuk van 'n heerlike ontbyt sal jou soggens hier wakker maak. Deur die dag kan jy skulpies gaan optel op die strand of rotspoele verken. Jy kan ook jou branderplank saambring om 'n paar branders te ry.

Slaapplek

'n Bespreking by The Ocean Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Ocean Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 960 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za