The Old Trading Post

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Old Trading Post is naby Wildernis in die hartjie van die Tuinroete geleë. Ons bied puik selfsorg- en B&B-akkommodasie teen bekostigbare tariewe.

Ons het 4 kamers en eenhede met slaapplek vir 10 mense. die slaapkamers het gerieflike beddens met perkallinne en duvets, asook elektriese komberse gedurende die winter. Handdoeke en persoonlike geriewe word voorsien. Al die eenhede het en suite-badkamers, ketels, komplimentêre koffie- en tee, yskassie, televisies, haardroërs, verwarmers en waaiers of lugversorging.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die geriewe in die hoofhuis, soos die eetkamer vir ontbyt of vir 'n bietjie kantoorwerk. Ontspan in die woonkamer wat tussen 1910 en 1970 'n algemene handelswinkel was. Daar is ook 'n TV-kamer met 'n groot televisie en 'n DVD-speler.

Buite is daar 'n sonstoep en verskeie patios met buitemeubels en braaigeriewe.

Heelwat ekstras word ook voorsien: noodligte, insekweerder, speelkaarte, tydskrifte, boeke en toeristebrosjures. Kinders en troeteldiere is welkom.

Die omgewing het 'n gematigde klimaat regdeur die jaar. The Old Trading Post is in 'n sonnige plattelandse omgewing op die randjie van die Wildernis Nasionale Park se vleiland. Daar is volop voëls in die tuin en die vleiland lok kormorante, eende en reiers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Old Trading Post gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za