The Olive and Vine Farm Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Olive and Vine Farm Cottage bied 2 aparte selfsorg-eenhede met slaapplek vir 4 gaste. Die kothuis is op die La Terra de Luc-plaas in Franschhoek en soos die naam te kenne gee, skuil die kothuise tussen die olyfbome en wingerde.

The Olive and Vine-plaaskothuis is goed toegerus en het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof en 'n yskas toegerus.

Die Cabernet-kothuis is 'n vrystaande eenheid met 1 slaapkamer en slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n sitarea met 'n klein kombuisie. Die kombuis is met 'n opwasbak, ketel, tweeplaat-gasstoof, 'n stoof en 'n yskas toegerus.

Gaste kan 'n uitsig op die berge rondom Franschhoek geniet van die kothuis af. Daar is 'n privaat ingang en 'n privaat buite-area waar gaste in die son of onder die sonsambreel met 'n glas wyn in die hand kan ontspan.

Parkeerplek is beskikbaar onder ou eikebome. Daar is ook 'n riviertjie wat deur die plaas kronkel en jy sal 'n rustige ervaring onder die reuse-wilgerbome langs die rivier hê. Dit mag dalk 'n droë rivierbedding wees gedurende die somer, maar daar sal water loop gedurende die winterreënseisoen.

The Olive and Vine Farm Cottage is ideaal geleë, net 1 km en 10 minute se stap van die middedorp af. Dit is naby gewilde bakens soos die Franschhoek Monument, wêreldbekende restaurante, die Franschhoek Wine Tram, Pearl Valley Gholfbaan, Jonkershoek Natuurreservaat, bekende wynplase en vele meer. Daar is baie lekker roetes vir fietsry en voetslaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Olive And Vine Farm Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za