LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+41
Selfsorg in Franschhoek

The Olive and Vine Farm Cottage

2 gaste

1 slaapkamer

1 bed

2 badkamers

  • Slaapplek vir 2 gaste
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Dirkie Uys Street, La Terra de Luc Farm, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

The Olive and Vine Farm Cottage bied selfsorgverblyf op die La Terra de Luc-plaas in Franschhoek. Soos die name te kenne gee, skuil die kothuise tussen die olyfbome en wingerde.

The Olive and Vine-plaaskothuis het slaapplek vir 2 gaste. Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die badkamer bestaan uit 'n instapstort, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n bad buite.

Die kothuis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis is met 'n mikrogolf, lugbraaier, gasstoofplaat en 'n yskas toegerus. Daar is ook 'n braai-area buite.

Gaste kan 'n uitsig oor die wingerd en op die berge rondom Franschhoek geniet van die kothuis af. Daar is 'n privaat ingang en 'n privaat buite-area waar gaste in die son of onder die sonsambreel met 'n glasie wyn in die hand kan ontspan.

Parkeerplek is beskikbaar onder ou eikebome. Daar is ook 'n riviertjie wat deur die plaas kronkel en jy sal 'n rustige ervaring onder die reuse-wilgerbome langs die rivier hê. Dit mag dalk 'n droë rivierbedding wees gedurende die somer, maar daar sal water loop gedurende die winterreënseisoen.

Dit is naby gewilde bakens soos die Franschhoek Monument, die Farm sanctuary, waar die bekende Pigcasso ons buurman is, wêreldbekende restaurante, die Franschhoek Wine Tram, Pearl Valley Gholfbaan, Jonkershoek Natuurreservaat, bekende wynplase en vele meer. Daar is baie lekker roetes vir fietsry en voetslaan.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 175 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sonika H
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommend. Bitter oulike gasheer. Niks klagtes.
Okt 2026
Marietjie F
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, gerieflik en voel soos huis. Ons het so lekker gebly. Die cottage is groot, gerieflik en gemaklik. Al het ons net 'n aand oorgeslaap, leen die...
Sien meer
Sep 2026
Susan K
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plaashuis atmosfeer. Heerlike gekuier, so mooi ingerig teenaan die wingerde. Netjies, skoon met alles wat nodig is. Lekker ontspan banke in d...
Sien meer
Sep 2026
Rita V
Besigheidsreis
5.0
Goed geleë en stil omgewing. Het net oornag, maar dit was voldoende vir die 2 nagte.
Aug 2026
Sanet H
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, veilig, netjies, goedgeleë. Baie lekker gebly, dankie!
Jul 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sophia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 175

Op LekkeSlaap 9 jaar

Antwoord gewoonlik binne ’n uur

Ligging

  • Dirkie Uys Street, La Terra de Luc Farm, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Olive and Vine Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 350
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 350
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Dirkie Uys Street, La Terra de Luc Farm, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 2 gaste
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY4OGFiNWZlLThiMTktNDIyYi05ODRiLTc3ZGIwNjQ4ZTBkMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 175 5 1 5 Dirkie Uys Street La Terra de Luc Farm 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 11:00 -33.89747017214 19.116147650818
Soek in 'n groter streek