The Olive Tree Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Olive Tree Guest House is in die hartjie van Randburg in Johannesburg geleë en is na aan die Multichoice / Supersport-hoofkantoor. Dié ruim perseel bied oop ruimtes met verskeie knus tuinhoekies en 'n stil en rustige, dog energieke atmosfeer.

Die gastehuis bied 18 en suite-gastekamers wat elkeen smaakvol versier is en elk sy eie unieke tema het. Elke kamer bevat geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kombuishoekie met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook gratis WiFi en elke kamer het 'n patio-area.

Ons bied 'n masseringshoekie in die tuin, 'n outentieke bruidskamer en Café Rendezvous vir groepetes. Braaigeriewe is beskikbaar indien dit vooraf gereël word. Gratis parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Daar is 'n verskeidenheid uitstekende restaurante en kroeë binne 800 m vanaf die gastehuis en pendeldienste is beskikbaar op versoek.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Olive Tree Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za