The Plaas Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

The Plaas Guest House is op 'n vreedsame plaas in 'n lowerryke vallei tussen die Soutpansberge se voorheuwels.

Daar is 4 en suite-slaapkamers met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 3 en suite-kamers met koningingrootte-beddens en 2 kamers met dubbelbeddens. Al die kamers het glasskuifdeure na die tuin. Geriewe sluit lugversorging, TV's met DStv, yskassies met voorraad, koffie, tee, internasionale kragproppe, radiowekkers en haardroërs in. Elke badkamer het 'n bad en stort. Handdoeke en toiletware word voorsien.

Gemeenskaplike geriewe op die perseel sluit 'n eetkamer vir 22 gaste in waar heerlike etes bedien kan word indien vooraf gereël. Daar is ook 'n ruim sitarea met plek vir 18 gaste. Ons studeerarea het 'n versameling boeke en alle nodige kommunikasiegeriewe soos internet.

'n Ruim braai- en kuierarea is langs die swembad beskikbaar. Was- en strykdienste kan teen ekstra koste gelewer word en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

The Plaas Guest House is in 'n lowerryke tuin met skadubome waar Samango-apies kom baljaar. Die berglug is lekker vars en kroonarende word dikwels gesien. Snags sal die bosuil jou aan die slaap sus.

Ons is naby Vendaland wat ook die Land van Legendes heet, asook naby die Noordelike Bosveldstreek, die Krugerwildtuin, voetslaanpaaie in Venda en rondom Louis Trichardt, en meeste van die sakesentrums in die noordelike Limpopo-provinsie.

Doendinge op die plaas sluit voetslaan, bergfietsry op ongemerkte paaie, voëlkyk, swem en trampolien in. Louis Trichardt bied sportgeriewe en Satour bied begeleide toere. Daar is verskeie argeologiese en geskiedkundige terreine om te besoek in die omtrek. Die Vendas en Tsongas maak pragtige beeldhouwerk, potte en kleurvolle kunswerke. Van die groepe spesialiseer ook in tradisionele danse.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Plaas Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R935 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]