Century City Akkommodasie by The Residences at Crystal Towers | LekkeSlaap
+14
+14

The Residences at Crystal Towers

Selfsorg
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rialto-weg 1, Century City, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Residences is geleë by die ikoniese Crystal Towers in die hartjie van Century City. Die leefruimte in dié eenhede strek ver verby die grense van die gewone ontwerper-selfsorgwoonstel om die uitstekende geriewe in die omgewing te inkorporeer.

Daar is twee opsies van die luukse selfsorgwoonstelle - die Ateljee met slaapplek vir 2 of Tweeslaapkamer-eenheid met slaapplek vir 4. Elke kombuis is volledig toegerus met ingevoerde, Duitse toebehore, kombuisware en eetgerei. Die kamers het dubbelbeddens, koninggrootte-beddens of koningingrootte-beddens met perkal-katoenlinne. Die stylvolle badkamers het ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings. Hierdie selfsorgwoonstelle word 7 dae 'n week skoongemaak.

Die eenhede sluit die volgende in: WiFi (optiese vesel), lugversorging, satelliet-TV, telefoondiens in kamer, gratis tee- en koffiemaakgeriewe, gratis sjampoe en stortjel en elektroniese kluis vir waardevolle besittings.

Met veilige ondergrondse parkering en talle heerlike eetplekke slegs net 'n hyser-rit van jou af, bied Residences at Crystal Towers die perfekte balans tussen sake en ontspanning. Eet in die Knife Restaurant op die grondvloer, bederf jouself met 'n behandeling by Life Day Spa of besoek een van die verskeidenheid restaurante en kroeë in die onmiddellike nabyheid.

Neem asb. kennis dat die hotelgeriewe, insluitend die swembad, nie beskikbaar is vir die gaste in die selfsorg-woonstelle nie.

The Residences at Crystal Towers is direk oorkant die Canal Walk Winkelsentrum en naby die plaaslike strande. Verder is ons sowat 10 minute se ry van die middestad en die V&A Waterfront af en 15 minute se ry vanaf Tafelberg se sweefspoor en die lughawe af.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 19 resensies vir The Residences at Crystal Towers
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Rialto-weg 1, Century City, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Residences at Crystal Towers het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rialto-weg 1, Century City, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM5ZjRmODAyLTEwMDAtNDExZC05N2EzLTYzMjRlMzhmZGQ5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 100  per nag (plek vir 2) 19 5 1 5 1 Rialto Road Century City 8000 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 11:00 -33.894343952417 18.50736156106
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za