The Rockefeller
- Kapasiteit: 300 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Chiristiaan Barnard-straat 12, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Rockefeller is 'n ikoon van kontemporêre elegansie in Kaapstad se besigheidsdistrik. Die moderne hotel bied stedelike luuksheid en straal weelde uit van die oomblik wat jy die ontvangsarea betree. Sodra jy binne is, het jy die gevoel van privaatheid en veiligheid.
Die goed-ingerigte hotel bied weelderige dekor met moderne, glansende estetika wat tot hierdie indrukwekkende stelling bydra.
Die verblyf beskik oor 'n aantal standaard binnehofkamers en stadskamers. Elke kamer het lugversorging, komplimentêre, gebottelde water, elektriese proppe en USB-laaipunte, 'n strykyster en -plank, die kussings van jou keuse, 'n kluis, peuselhappies in 'n kroegie, kamertelefoon, slim-TV met sekere DStv-kanale, komplimentêre WiFi, ekstra lang beddens met kwaliteit linne, 'n vollengte spieël, asook japonne en badkamergeriewe.
The Rockefeller bied 'n volle reeks geriewe en dienste, insluitende 'n wasgoeddiens, konferensiegeriewe, volledig toegeruste gimnasium, fietsrykamer, sushi-kroeg, gryp-en-gaan deli en 'n wonderlike restaurant wat heeldag oop is. Die lieflike swembad op die dak bied wonderlike uitsigte oor die verligte stad en op Tafelberg.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Portier
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- 24-uur Kamerbediening
- Kamerbediening
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4/5
Newmark Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 10
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Chiristiaan Barnard-straat 12, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Gaste dink The Rockefeller het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kaapstad Middestad Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 300 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Chiristiaan Barnard-straat 12, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom