Pick your preferred language

English

Afrikaans

+16
Selfsorg in Marina Beach

The Sea Cottage

4 gaste

2 slaapkamers

3 beds

2 badkamers

  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 21 Beach Road, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

The Sea Cottage is so vernoem omdat dit presies is wat die naam voorstel - 'n kothuis reg teen die see. Die strand is net 'n paar trappies ver. Die selfsorgkothuis is in 'n groot welige tuin, wat ook die tuiste van verskeie voëlsoorte en 'n paar duikertjies is.

The Sea Cottage bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging, 'n dakwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n groot bad, toilet en dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n dakwaaier. Die tweede badkamer het 'n dubbelstort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het 'n slim-TV met WiFi sodat gaste stroomdienste kan gebruik. Daar is ook dakwaaiers in al die slaapkamers en die sitarea en alle linne en badhanddoeke word voorsien. The Sea Cottage het gas- en Weber-braaigeriewe.

'n Vinnige skoonmaakdiens van Maandae tot Vrydae word by die tarief ingesluit. Wasgoed kan ook op versoek van Maandae tot Vrydae teen 'n ekstra koste gedoen word. Die kothuis en tuin is heeltemal omhein. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar en 'n nagwag is elke aand aan diens.

Besoekers kan op die privaat houtdek ontspan en uittuur oor die dolfyne en walvisse, of met die trappies afstap tot op die privaat strand. Die kothuis se omgewing is stil en rustig, en in die aand sal die branders gaste aan die slaap sus.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kuben G
Gesin met tieners
5.0
Great stay, thank you. It was clean, safe, excellent views, great hospitality, everything as advertised.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Lara J
5.0
Relaxing and comfortable in a picturesque location. Our stay was wonderful. Perfect location and comfortable accommodation. We will def...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Cathy H
Gesin met tieners
4.8
Wonderful holiday cottage and beautiful setting. What an amazing holiday. Perfect little holiday cottage with everything we needed. It ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Sheila E
Saam met lewensmaat
4.8
We had a wonderfully relaxing stay. Beautiful location, we had a wonderfully relaxing stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Annelie P
Saam met lewensmaat
4.8
Fantasties. Kan die cottage beslis aanbeveel. Dit is ruim en netjies. Waarde vir geld. Gasvrou is baie gaaf. Baie mooi uitsig oor die see.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Robyn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 21 Beach Road, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Sea Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 4)
Bespreek

21 Beach Road, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e481c08e1b9ea66474ba6b06b830e059e5cf563d2f47d985a8a192482f89c1e83f91bfb8f579c74a5421486db1471b6203e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 37 5 1 5 21 Beach Road Marina Beach 4281 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -30.937936 30.3062194

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang