The Seaside

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Seaside is in Scottsburgh aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en bied gehalteverblyf vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die woonstel is op die grondvloer vas aan die hoofhuis en bied 'n privaat ingang.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers wat 'n dubbelbed in die een en 'n stapelbed in die ander het. Daar is 'n slaapbank in die leefarea wat geskik is vir 2 jong kinders. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, oondjie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Daar is 'n lekker braai buite voor die woonstel.

Die woonstel is naby die Park Rynie Ski-bootklub waar hengelaars diepseehengel tariewe vir die hele gesin bied.

Voor The Seaside is daar 'n veilige getypoel waar die hele gesin kan ontspan. Haaihokduik, bootritte en 'n lekker swemplek is beskikbaar by die bootklub.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Seaside gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za