The Rooms
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pieter Vermeulenstraat 16, Bethlehem, 9701, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Rooms is 'n gerieflike, sonnige en tuislike selfsorgwoonstelle in 'n stil, veilige en lowerryke voorstad in Bethlehem. Dit is sentraal geleë naby die Dihlabeng-winkelsentrum en bied maklike toegang tot die N5.
Die Sun Room-woonstel het 'n oopplan-uitleg met 'n moderne dog huislike gevoel. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed met komberse en 'n warmwatersakke wat voorsien word. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is etenstafel met sitplek vir 2 gaste en 'n dagbed.
Die Green Room is 'n oopplan-kamer wat oor 'n slaapkamer met 'n dubbel-bed en 2 bedjies wat slegs geskik is vir kinders beskik. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die woonstel het 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.
Die Bronze-kamer is nie op dieselfde perseel nie, maar sowat 10 minute ver, reg oorkant Mediclinic Hospitaal. Hierdie lieflike kamer bied oorgenoeg spasie en is perfek vir 'n gesin of langer verblyf.
Die verblyf is ideaal vir vakansiegangers of 'n paartjie wat wil wegbreek aangesien dit 'n rustige atmosfeer en ervaring bied. Onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.
Daar is 'n kragopwekker wat tydens beurtkrag inskop, asook 'n watertenk.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Sarina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 40
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Pieter Vermeulenstraat 16, Bethlehem, 9701, Vrystaat
- Gaste dink The Rooms het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Panorama Bethlehem Malotiroete Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pieter Vermeulenstraat 16, Bethlehem, 9701, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom