Arniston Akkommodasie by The Sunspot of Arniston | LekkeSlaap
+20

The Sunspot of Arniston

Selfsorg
  • Vanaf R1 710 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 14, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Sunspot of Arniston is 'n gerieflike huis met 4 slaapkamers en slaapplek vir 8 gaste.

Dit bestaan uit 2 aparte geboue. Die hoofgebou het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Een van die kamers het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede gebou het 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 1 badkamer met 'n stort. Albei dié kamers lei na 'n stoep en beddegoed word voorsien. Gaste word versoek om asb. hul eie handdoeke saam te bring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en daar is 'n etenstafel. Gaste kan heerlik in die sitkamer by die TV met DSTV-gastehuispakket en kaggel ontspan.

Daar is braaigeriewe in die omheinde werf en die grasperk tussen die eenhede bied 'n lekker speelplek aan kinders. Troeteldiere is ook welkom indien vooraf gereël. Daar is ook 'n alarmstelsel met laserstraal-sekuriteit.

Arniston bied allerlei doendinge en besienswaardighede soos restaurante, lieflike strande, swem, fietsry, perdry, bergfiets- en voetslaanroetes, visvang, walviskyk, skeepswrakduik en meer. Gaste kan ook Arniston Hotel se spa besoek of na die Waenhuiskrans-grot stap.

Slaapplek

’n Bespreking by The Sunspot of Arniston sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 5de Laan 14, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 710
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 710
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 710
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 14, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6XpQBcPfIQyU22FyVxe1oGdQg7tbwZNMKRlx7uvjLHfN4OUJ5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 710  per nag (plek vir 8) 14 5th Avenue Arniston 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.665518 20.229455
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za