Gordonsbaai Akkommodasie by The Upper Deck and Birdsong | LekkeSlaap
+16

The Upper Deck and Birdsong

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drommedarisstraat 46, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Upper Deck and Birdsong bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamer-eenheid op die boonste verdieping, en 'n eenslaapkamer-eenheid op die onderste verdieping in 'n dubbelverdiepinghuis. Die eiendom is in die rustige and gesogte woonbuurt Mountainside in Gordonsbaai.

The Upper Deck is op die boonste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die eenheid het ook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oopplan-sitkamer en -eetarea. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, en ontbyttoonbank. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek en 'n sitkamerarea.

Birdsong is op die onderste verdieping en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-stortkamer, en 'n smaakvol versierde oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n ontbyttoonbank. Die sitkamer het 'n TV. Daar is ook braaigeriewe. Die tuin bied 'n pragtige uitsig oor die baai, en gaste het toegang tot 24 uur-gewapende reaksie vir sekuriteit. 'n Afstandbeheerde hel bied gaste toegang tot die perseel en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Daar is ook 'n onderdakstoep. Die boonste verdieping bied 'n lieflike uitsig op die Hottentots-Hollandberge en Valsbaai vanuit elke kamer. Die ligging is ideaal vir gaste wat die lieflike wynplase en restaurante in die omliggende omgewing wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir The Upper Deck and Birdsong
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Drommedarisstraat 46, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Upper Deck and Birdsong het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drommedarisstraat 46, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACtIb7JUQRIlnGs6ByuGXzWM3S9fpTrscJrgwloX4D7nPyoiT8T?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 46 Drommedaris Street Gordon's Bay 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.160157718206 18.875019637434
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za