The Velvet Olive 1881

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Velvet Olive is geleë in Sutherland in die Noord-Kaap. The Velvet Olive bestaan uit 2 eenhede, 'n kothuis en die hoofhuis. Albei is ten volle toegerus en kan altesaam 10 gaste akkommodeer.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers 'n leefarea met kaggel en 'n oopplan-kombuis en -eetkamer met houtstoof. Die kombuis is met elektriese stoof, mikrogolfoond en yskas toegerus.

Die kothuis wat op dieselfde perseel is, is pas opgeknap en beskik oor 'n oopplan-slaapkamer, -leefarea, -kombuis en 'n badkamer. Die leefarea het 'n kaggel, die badkamer het 'n bad en daar is 'n aparte toilet.

Om die ysige koue in die winter te trotseer het alle beddens warm komberse en is kaggels en stowe in die huis beskikbaar vir gaste se gebruik. Die kombuis het ook 'n binnebraai indien dit te koud raak om buite te braai. Indien die aande dit toelaat is daar braai-areas waar heerlik gekuier kan word en die wye uitspansel ingeneem kan word.

Net langs die huis is 'n restaurant heerlike Karoo-geregte geniet kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Velvet Olive 1881 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za