Golden Mile Akkommodasie by The White House | LekkeSlaap
+22

The White House

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Markus-singel 22, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 R1 350 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

The White House is 'n dubbelverdieping selfsorghuis in St. Helenabaai, 'n kusdorpie wat bekend is vir sy ongerepte strande, voëlkykgeleenthede en uitstekende visvangplekke. The White House is net 2,4 km van Vasco da Gama af in 'n area waar gaste kan voetslaan, duik en hengel.

Die huis het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea.

Die slaapkamers en badkamers is onder. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-sleebed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n ekstra enkelbed. Hierdie slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis en leefarea is bo. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n platskerm-TV en 'n binnebraai in die sitarea. Buite is daar 'n beskutte onderdakterras met ingeboude braaigeriewe vanwaar jy die uitsig kan geniet. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by The White House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Markus-singel 22, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 500
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 7)
was R1 500
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Markus-singel 22, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0bb7892df6b0e2a74acac4711c097068532ded4eb29a65dc78700410f93d87a044d98313725f4f0728fd2718f04c8d40bf53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 500, nou Vanaf R1 350  per nag (plek vir 7) 22 Markus Crescent Lampiesbaai 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 11:00 -32.725050799099 17.962281817583
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za